Tag: Slaap

Eet beter, slaap beter

Kan jy jou baba beter laat slaap in die nag?  Gelukkig is die antwoord op hierdie vraag ‘n dawerende “Ja”!  Ek sien al hoe ouers wat nooit slaap nie, hulle wenkbroue lig!  Wakker word in die nag, kan deur baie dinge veroorsaak word, maar een van die mees algemene en maklikste geneesbare redes, is lae bloedsuikervlakke.

Hoofstroom advies kan moontlik wees om jou kind/baba ‘n dieet hoog in koolhidrate aan te bied, veral babapappe en rys.  Dit is egter ‘n groot probleem.  Totdat kleintjies ongeveer 12 – 36 maande oud is, kan hulle nie die verteringsensieme produseer wat nodig is om styselrige koolhidrate te hanteer nie. Die inname van hierdie kosse veroorsaak vir hulle klein spysverteringstels ‘n klomp stres en kan aanleiding gee tot toekomstige maagprobleme.  Dit veroorsaak ook bloedsuikerprobleme (wat uiteindelik, in die slegste moontlike geval, tot diabetes kan lei).  Elke maaltyd moet daarom liewer hoog  wees in goeie kwaliteit proteïne en vette en ook groente.

As diëte gelaai is met styselrige koolhidrate, rys bloedsuikervlakke dramaties.  Dit lei tot insulienproduksie, ‘n gevolglike val in bloedsuikervlakke en uiteindelik ‘n toename in adrenalien.  (Hierdie hormoon is verantwoordelik om bloedsuikervlakke weer te laat styg.)  Dink vir ‘n oomblik hoe jy voel as jou adrenalien pomp – wawyd wakker en gereed om te veg of te vlug.  Hierdie opwelling van adrenalien kan jou baba gedurende die nag wakker maak en aanleiding gee tot voortgaande rusteloosheid.

Ander dinge wat jy kan doen om ‘n goeie nagrus te verseker:

  1. Blok jou babakamer van alle lig, sodanig dat jy nie jou hand voor jou oë kan sien nie.  (Dit veroorsaak dat kortisolvlakke laag bly en melatonien – die “slaap”-hormoon – daarom styg.)
  2. Vir 20 minute voordat jou baba bed toe gaan, kan jy gebruik maak van lampe en skakelaars wat dowwer gestel kan word, of selfs kerslig, eerder as oorhoofse beligting.  (Weer eens hou dit die kortisolvlakke laag, wat toelaat dat melatonienvlakke natuurlikerwys styg.)

Vir meer inligting oor hoe jou kind beter kan slaap kontak Tanya Wyatt, 7de Laan 32, Walmer (tel 041 581 1679) gedurende kantoorure of kontak haar by tanya@thehappybodyco.com