Hettie Brittz, die skrywer van die boeke Kweek Kinders met Karakter en Kweek Gesonde Gesag, het onlangs haar bestaande ouerskapkursus met die insigte van Andalene Salvesen gekombineer en omskep in ‘n opwindende DVD-reeks met meegaande werkboeke.

Hierdie kursus is al die afgelope ses jaar in Presbiteriaanse-, NG-, Baptiste- en Charismatiese kerke aangebied en praatjies daaroor is al op Kruiskyk, MNet en Radio Kansel uitgesaai.

Lynette van Wyk is pas as fasiliteerder van Immergroen Ouerskap geakkrediteer en beoog om die kursus van sewe modules oor sewe weke op Woensdagaande tydens Didage by die NG Kerk Somerstrand, Louis Bothasingel 77 vanaf 18:30-20:00 aan te bied. Die kursus beloop R500 per ouerpaar en sluit twee werkboeke in.  ‘n Gepaste tyd sal met die ouers bevestig word. Belangstellendes kan by die kerkkantoor vir die kursus inskryf of direk vir Lynette kontak by 0837933320. (Besoek gerus die webwerf www.immergroenouerskap.co.za vir ’n voorskou in DVD-formaat en ander relevante inligting.)

The English version, Evergreen Parenting, will be presented at the Toddlers’ Workshop, 39 Brewer Road, Summerstrand, on Monday evenings 20:00-21:30 as from the 4th of May.  To book, contact Lynette at 0837933320.