Evergreen Parenting takes joy in offering a variety of services:
talks and seminars,
an interactive forum,
parenting tips and articles as well as
a wealth of parenting tools to assist you in your role as educator.
For more information go to www.evergreenparenting.co.za
Lynette is an Evergreen Parenting facilitator and is currently running both an Afrikaans and English Evergreen Parenting course. She also has the Evergreen products for sale.
Title: The Involved Dad – the way forward Location: Toddlers’ Workshop Summerstrand, 39 Brewer Road, Summerstrand Description: Konrad van Staden (Clinical Psychologist) Tuesday 23 June 19:00 for 19:30/ R50 per person. Snacks included. See article for more details. Start Time: 19:00 Date: 2009-06-23
‘n Vriendin kuier onlangs uit Australië by my. Haar dogtertjie wat pas twee geword het, kan nie genoeg kry van al die opwindende nuwe speelgoed in die speelkamer van my werkswinkel nie. Ons sit en kuier sommer net daar terwyl sy opgewonde voortspeel.
Na ongeveer twee en ‘n half uur se speel, besef die ma dit is huis-toe-gaan-tyd. Sy ken haar kind goed genoeg om te weet sy gaan nie uit vrye wil of keuse die speelkamer verlaat nie. Aangesien Emma ‘n sterk ontwikkelde wil van haar eie het, het die ma ‘n reëling met haar. En daar voor my oë ontvou een van die mooiste voorbeelde van effektiewe ouerskap wat ek nog gesien het.
Vyf minute voor die vertrek waarsku die mamma vir Emma dat hulle oor vyf minute gaan vertrek. Sy maak seker sy het oogkontak met Emma en wys vir haar met haar vingers hoe lank sy nog kan speel: een, twee, drie, vier, vyf minute. Emma speel rustig voort. Na ongeveer vyf minute doen die mamma dieselfde: “Emma, oor vier minute gaan ons huis toe. Kyk mooi: een, twee, drie, vier minute.” Emma speel tevrede voort. Na vier minute herhaal die proses en daarna weer na drie en twee minute. Toe die mamma aankondig dat daar net een minuut oor is, staan Emma doodluiters op, vat haar bekertjie en pop en stap hek toe. Ek was verstom. Getrou aan haar ooreenkoms, is die mamma se tot siens vinnig en sonder ‘n gedraal en sy en Emma vertrek sonder enige drama.
Soveel kere hoor ek mammas vir lang tye smeek, dreig, omkoop, afpers – eingiets om hulle te kry om huis toe te gaan. Sommige dreig selfs dat hulle die peutertjie daar gaan los en alleen huis toe sal gaan. Niemand het gelukkig nog hierdie dreigement uitgevoer nie. Dit was egter ook nog nooit suksesvol nie. Kindertjies weet goed genoeg wanneer mamma bedoel wat sys ê en ongelukkig is dit dikwels eers wanneer sy kwaai raak. Kweek van klein tyd af die gewoonte aan om:
jou kind te waarsku dat dit tyd word om huis toe te gaan;
nooit terug te gaan op jou woord nie.
So kweek jy ‘n goeie gewoonte aan sonder enige vorm van manipulasie, dreigement of ander erger vorme van oortuiging nie. Ouerskap het alles te doen met konsekwentheid. Neem jou vandag voor om ‘n konsekwente ouer te wees en hou by jou word. Jou kind sal jou net respekteer daarvoor.
Enige iemand wat belang stel in ‘n uiters verfrissende en splinternuwe ouerskapkursus kan my skakel by 0837933320. Vir meer inligting omtrent die kursus sowel as ‘n voorskou dvd, besoek die webwerf www.immergroenouerskap.co.za. Ek begin ‘n 7-weke kursus op Woensdagaande 18:30 – 20:00 vanaf Woensdag 29 April. Die koste beloop R500 per egpaar en sluit jou twee werkboeke in. (Die koste per persoon per geleentheid beloop R14,28). ‘n Engelse weergawe, nl. Evergreen Parenting begin op Maandagaande 20:00 – 21:30 en wel vanaf Maandag 4 Mei.
Hettie Brittz, die skrywer van die boeke Kweek Kinders met Karakter en Kweek Gesonde Gesag, het onlangs haar bestaande ouerskapkursus met die insigte van Andalene Salvesen gekombineer en omskep in ‘n opwindende DVD-reeks met meegaande werkboeke.
Hierdie kursus is al die afgelope ses jaar in Presbiteriaanse-, NG-, Baptiste- en Charismatiese kerke aangebied en praatjies daaroor is al op Kruiskyk, MNet en Radio Kansel uitgesaai.
Lynette van Wyk is pas as fasiliteerder vanImmergroen Ouerskapgeakkrediteer en beoog om die kursus van sewe modules oor sewe weke op Woensdagaande tydens Didage by die NG Kerk Somerstrand, Louis Bothasingel 77 vanaf 18:30-20:00 aan te bied. Die kursus beloop R500 per ouerpaar en sluit twee werkboeke in. ‘n Gepaste tyd sal met die ouers bevestig word. Belangstellendes kan by die kerkkantoor vir die kursus inskryf of direk vir Lynette kontak by 0837933320. (Besoek gerus die webwerf www.immergroenouerskap.co.za vir ’n voorskou in DVD-formaat en ander relevante inligting.)
The English version, Evergreen Parenting, will be presented at the Toddlers’ Workshop, 39 Brewer Road, Summerstrand, on Monday evenings 20:00-21:30 as from the 4th of May. To book, contact Lynette at 0837933320.